As skooldogter bewonder Leoni du Plessis haar sportheld, die Springbok rugbyspeler, Altus Van Tonder, alias Blits Van Tonder. Sy is ook op sosiale media met hom bevriend.
Wanneer 'n motorongeluk sy bene eis moet hy ophou speel en sy verloofde, die model, los hom summier. Blits verdwyn van die samelewing en Altie die kreupel wrak verskyn. Leoni spoor hom op sosiale media en hulle bly vriende. Hy verwerp wat geneeshere sê en begin homself rehabiliteer.
Hy wyk na die platteland en word Leoni se buurman. Hy oefen bedags op Marius se grasvelde, omdat dit sagter is om op gras te val en makliker om teen die heinings op te staan, dit is natuurlik dat Marius hom na sy naweek braai sal nooi. Leoni maak die deur oop en is geskok om haar held by die deur te sien.
Sy raak lief vir Altie die mens. Sy gebrek pla haar nie, en hy onderrig haar in wiskunde. Leoni het hom aanvaar soos hy is, maar hy wil nie aanvaar wees nie, hy wil gekies wees. 'n Misverstand skei hulle van mekaar en dit breek Leoni se hart. Sy besef sy het te vêr gegaan en hom veroordeel sonder dat hy homself kon verdedig. Sy het 'n aanname gemaak en verkeerd geoordeel. Leoni begeer hom met haar hele hart, sy hoop so hulle kom weer bymekaar en dat hy haar sy vrou sal maak.
-
Creators
-
Publisher
-
Release date
August 17, 2015 -
Formats
-
OverDrive Read
- ISBN: 9780620674485
- File size: 583 KB
-
EPUB ebook
- ISBN: 9780620674485
- File size: 394 KB
-
-
Languages
- Afrikaans
Why is availability limited?
×Availability can change throughout the month based on the library's budget. You can still place a hold on the title, and your hold will be automatically filled as soon as the title is available again.
The Kindle Book format for this title is not supported on:
×Read-along ebook
×The OverDrive Read format of this ebook has professional narration that plays while you read in your browser. Learn more here.