Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Land van die Vampiere

ebook

LAND VAN DIE VAMPIERE - OERWOUDVALK REEKS

In hierdie laaste verhaal vergesel die Oerwoudvalk 'n wêreldbekende ontdekkingsreisiger en wetenskaplike, asook 'n paar ander eskpedisielede. Hulle is almal op soek na die Vampier jagters. Dit is 'n lang verlore blanke stam, diep in die hartjie van die Amasone. Kort op hulle hakke volg 'n skurk en sy trawante hulle in 'n ander motorboot. Hulle is bewus is van die soektog, maar is net agter die goud aan, wat die verlore stam moontlik besit.

 Skaars is die Valk en sy lede onderweg, of hulle word aangeval deur Indiane met dodelike gifpyltjies. Die Rivier van die Dood wemel van priranhas en dit eis ook talle slagoffers wat daarin beland. Hulle oorleef dit net-net, maar loop hulle dan kort daarna weer vas in Indiaan kopjagters. Toe die nood op sy hoogste is, kry hulle redding uit 'n onverwagse oord, maar beland in die proses in die mag van die skurk wat hulle heeltyd agtervolg het.

Saam soek hulle verder na die Land van die Vampiere en net toe hulle dit bereik, word hulle daar deur die Vampier krygers gevange geneem. Daar ontdek hulle tot hulle uiterste verbasing iemand wat al vir baie jare as vermis aangeteken is. Hulle word toe voor die keuse gestel om vir ewig daar te bly of in die Tempel van die Vampiere geoffer te word. 

Formats

  • OverDrive Read
  • EPUB ebook

Languages

  • Afrikaans